|
Nelspruit Bowhunter Championships 2007
WOW! WOW! YES! YES! JAAAAAA!!! Eerstens baie baie dankie en geluk aan almal wat gehelp het om 10 November iets besonders te maak! Tot van die ander Klubs het ingespring en gehelp. Dit was wonderlik! Baie dankie Hennie en Alf van Onderberg en Roelf van Madikelo. DIT WAS ‘N REUSE SUKSES!! Alhoewel ons Klub die toernooi aangebied het was dit steeds ‘n Provinsiale aangeleentheid. Ons Klub het ons Provinsie eer aangedoen ...en dit is wat ons wou bereik het. Komplimente van ander Klubs is met dank en nederigheid aanvaar. Dit was dan ook nie snaaks om te hoor dat die skutters weer wil kom nie.!!! Duisend dankies aan ons borge en mense wat vir ons pryse bewerkstellig het. GROOT DANKIE ..... HENNIE, ROELF, KOBUS , FIDI ...en ONDERE ANDERE OM MAAR NET TE BEGIN - DANKIEBRIEWE VOLG! En natuurlik......al die skutters wat deel geneem het! Sonder Skutters is daar geen toernooi nie!! DANKIE!!! En raai wat?? Die eerste Provinsiale Bowhunter vir 2008 in Januarie is hierdie week aan ons Klub toegeken!!! En wat se julle hiervan! Johann Grobler
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||